DOP IS SLEG VIR ONGEBORE BABA!

Donderdag, September 01, 2016 07:00

FETAL alcohol spectrum disorder (FASD) is ’n kondisie wat nie omgekeer kan word nie.

Vrydag 9 September is Internasionale FASD-dag en die tema is “Geen hoeveelheid alkohol is veilig as jy verwagtend is nie”.

FASD is ’n lewenslange kondisie. Dis wanneer vroue wat voor geboorte sterk drank gebruik – en nie noodwendig oormatig drink nie – hul ongebore kinders se brein of dele van hul liggaam beskadig.

helpende hande: ’n Gemeenskapswerker van die Foundation for Alcohol-related Research is besig met ’n groepsessie vir swanger vroue. Foto verskaf